Onderwys
Die Algemene Sinode van 2011 gee opdrag aan ’n taakspan om die kerkverband oor die onderwys te adviseer. Volgens dié opdrag moet aandag gegee word aan die volgende:
- ’n program wat deur gemeentes gebruik kan word om betrokke te raak by skole;
- ’n afrondingsjaar as alternatief vir bestaande moontlikhede;
- moontlikhede rondom die aanwending van jeugwerkers in skole;
- in watter mate die Hugenote Kollege en soortgelyke sentra ten beste aangewend kan word vir die onderwys.
Die Algemene Sinode is verder verbind daartoe om as deel van die NG Kerk se publieke getuienis ’n aktiewe rolspeler in die openbare gesprek oor die onderwys te wees.
Verslag Algemene Sinode Oktober 2013