ugg suisse timberland shoes moncler outlet canada goose jacke barbour jacke woolrich jacken damen duvetica jacken moncler schweiz parajumpers sale moncler zürich parajumpers zürich parajumpers outlet parajumpers jacke moncler daunenjacke peuterey zürich moncler jacken damen
Toerustingsondag | Algemene Sinode

Toerustingsondag

Die Algemene Sinode se Netwerk vir Lidmaatbemagtiging (waarop elkeen van die sinodes verteenwoordig is), herinner gemeentes graag daaraan dat Sondag, 14 September, amptelik geoormerk is as Toerustingsondag.
 
Die netwerk wil met die hulp van Bybel-Media gemeentes help om dié Sondag op ’n besonderse manier te gebruik. Ons gee ’n paar wenke.
 

1.   Maak gerus gebruik van die preek in Woord en Fees-preekstudies en liturgiese voorstelle (BM/Communitas). Dié Sondag se Skrifgedeelte is Romeine 14:1-12. ’n Preekskets, liturgie, verdere toeligting en ’n toepaslike Powerpoint-aanbieding is te kry by www.bybelmedia.co.za (onder “gemeentedienste/luisterseisoenpreke”), of www.gemeentes.co.za en ook www.seisoenvanluister.co.za.

2.  Daar is ’n kort videogreep (Gebed om leerbaarheid) om aan die begin of die einde van die erediens te vertoon, aflaaibaar by http://gemeentepakket.bybelmedia.org.za/toerusting.

3.  Maak seker dat u die koerant “Nuwe Harte”, wat saam met Kerkbode en Kruisgewys uitgestuur is, ontvang het. Die Sondag wat vir dié wye aksie vir moraliteitsvernuwing geskeduleer is, is ook 14 September, en die tema is: Nuwe harte luister na mekaar. Die preekstudie waarna hierbo by punt 1 verwys word, sluit daarby aan.

4.  Hopelik het u reeds ’n aantal kopieë van “Gestuur” bestel om dit op Toerustingsondag in die gemeente bekend stel. (Dit is die verkorte groepstudie wat op ’n eenvoudige manier gemeentes sal help om die epogmakende verslag van Nelus Niemandt en Piet Meiring oor gestuurdheid, wat tydens verlede jaar se Algemene Sinode aanvaar is, in hulle alledaagse lidmaatskap te integreer.)  Bestel dit hier: http://www.bmedia.co.za/shopindex.php.  (Bestellings van meer as tien eksemplare kwalifiseer vir 10% afslag.)

Vir navrae kontak dr Jannie le Roux (sameroeper), tel: 021 8561385 of sel: 072 127 5043